Middels Wat Besoedeling In Riviere Veroorsaak
This article is available in: English | Afrikaans | Sotho | Zulu
Middels wat waterbesoedeling veroorsaak, kan in twee hoofgroepe verdeel word – kieme en chemikalieë. Kieme is klein organismes wat siektes soos malaria, cholera en bilharzia, kan veroorsaak. Chemikalieë is hoofsaaklike gifstowwe wat deur industrieë geproduseer word.
1. Moontlike Giftige Chemikalieë in Rivierwater
Natuurlike chemikalieë word oral in die omgewing aangetref. Ongelukkig egter, kom baie van die chemikalieë wat deur industrieë geproduseer word, nie natuurlik in die omgewing voor nie, of net in baie klein hoeveelhede. Verskillende industriële prosesse produseer verskillende soorte produkte en afvalprodukte. Ongelukkig laat baie industrieë hul afvalprodukte direk in riviere vry, of laat toe dat dit in die grondwater insypel. Hierdie chemikalieë is giftig of nadelig vir plante, dier en mense. Sommige voorbeelde is:
Insekdoders
Insekdoders is chemiese stowwe wat op gewasse gespuit word om insekte wat die plante eet, te laat vrek. Een van die mees omstrede insekdoders, is DDT. DDT was gebruik om die malaria-muskiet in Suid-Afrika te beheer. Teen ‘n sekere sterkte, kan DDT mense vergiftig met die volgende simptome: lighoofdigheid, braking en konwulsies. Teen laer vlakke, kan DDT die ontwikkeling van babas affekteer en is ook met kanker geassossieer. DDT is verban in Suid-Afrika. ‘n Ander groep insekdoders, is organofosfate. Sedert DDT verban is, is hierdie insekdoders in die plek daarvan gebruik. Sommige kenners glo dat hierdie insekdoders selfs nog groter skade aan die omgewing aangerig het as DDT en dat dit selfs meer skadelik is vir mense en ander soogdiere.
Insekdoders word maklik deur reën weggewas tot in strome en grondwater waar dit visse en diere vergiftig. Baie insekdoders word vir lang tydperke in die ligame van diere gestoor en kan in vleis, vis, eiers en melk wat ons eet, opeindig. Vrugte en groente wat met insekdoders gespuit is, bly ook vir baie dae daarna giftig en moet baie goed afgespoel word voor dit geeët kan word.
Vra vrae oor die gebruik van insekdoders in jou omgewing. Kyk uit vir vise en voëls wat vergiftig is. Dooie visse en voëls is ‘n goeie aanduiding van chemiese besoedeling. As jy besoedeling deur middel van insekdoders vermoed, kontak jou plaaslike owerheid so spoedig moontlik.
Swaar Metale
Swaar metale soos nikkel, molibdeen, sink, kadmium en lood word deur die mynbou- en ertssmeltery-industrieë, waarvan baie in Gauteng voorkom, geprosesseer. Hierdie metale spoel maklik in strome en grondwater in. Koper en kwik is twee ander swaar metale wat in swamdoders voorkom. Swamdoders word ook op gewasse gespuit en spoel maklik weg na riviere. Hierdie swaar metale is giftig vir biologiese lewe, insluitende mense wat van die besoedelde riviere se water drink. Gewasse wat met besoedelde water besproei word, kan ook gevaarlik wees. Op dieselfde wyse as DDT, kan swaar metale ook in die liggaam opbou en simptome van vergiftiging, veroorsaak.
In die verlede is giftige afvalprodukte in riviere of stortingsterreine naby gebiede waar mense woon, gestort. Dit het gesondheidsprobleme en selfs sterftes veroorsaak. Vandag het alle Suid-Afrikaners ‘n grondwetlike reg op ‘n skoon en veilige omgewing. Maak seker dat jy ingelig en oplettend bly, sodat jy kan verhoed dat giftige chemikalieë in jou omgewing gebruik word. Kontal jou plaaslike owerheid as jy waterbesoedeling in jou omgewing, vermoed.
Skadelike Produkte
Ons weet almal van die vernietigende impak wat oliebesoedeling op ons kuslyn het. Baie oliebesoedeling vind egter ook in die binneland plaas. Petrol en diesel word in ondergrondse tenks by petrol depots, gestoor. Indien hierdie tenks nie behoorlik onderhou word nie, kan hulle krake ontwikkel wat die petrol laat uitlek. Baie mense is ook baie nalatig as hulle die olie van hulle motors se enjins, vervang. Baie mense gooi eenvoudig die olie op die grond uit! Hierdie olie en petrol word deur reën na die grondwater gespoel. Hierdie grondwater kom uiteindelik weer na die oppervlak by boorgate en vleilande. In die verlede is grondwater geag skoon te wees omdat chemikalieë en kieme nie teenwoordig was nie, maar dit is vinnig besig om te verander. Grondwater word al meer en meer besoedel deur ‘n aantal giftige stowwe, wat insekdoders, petroleumprodukte en swaar metale, insluit. Suid-Afrika is ‘n droë land en namate ons bevolking aangroei, raak ons grondwater al meer kosbaar. Ons moet almal saamwerk om hierdie hulpbron so skoon as moontlik te hou vir toekomstige gebruik.
Chloor en Reinigingsmiddels
Papier- en saagmeulens en tekstielfabrieke is van die ergste waterbesoedelaars. Papier- en saagmeulens gebruik groot hoeveelhede water en produseer baie besoedelde afvalwater. Hierdie afvalwater bevat sterk chemikalieë soos chloor, wat gebruik word om papier wit en sag te maak. Tekstielfabrieke laat ook sterk chemikalieë soos bytsoda, sure, kleurstowwe en reinigingsmiddels, in die water vry. Hierdie sterk gifstowwe lei, op dieselfde manier as insekdoders, tot vis- en voëlsterftes. Hierdie middels is ook direk giftig vir mense. Vra vrae oor die tipes industrieë in jou omgewing en hoe hulle afvalwater vrylaat. Moenie water drink wat stroom af is van ‘n fabriek wat afvalwater in die rivier vrylaat nie.
Onthou dat die reinigingsmiddels wat jy in jou huis gebruik, net so giftig is. Gebruik slegs bio-degradeerbare produkte. Lees die produk wat jy koop se etiket; dit sal jou vertel waarvan dit gemaak is en of dit omgewingsvriendelik is.
2. Bemestingstowwe en Riool
Sommige chemikalieë, soos kunsmis, word gemaak van stowwe wat natuurlik in die omgewing voorkom, hoewel slegs in klein hoeveelhede. Wanneer te veel kunsmis van plaasgronde in riviere spoel, sal daardie water ook besoedel word. Menslike riool of diere-uitskeidings wat onbehandeld gelaat word, veroorsaak ook waterbesoedeling op dieselfde manier as bemestingstowwe. Menslike riool bevat ook kieme wat siektes soos hepatitis en cholera, kan veroorsaak. Sepe en opwasmiddels bevat beide natuurlike en mensgemaakte (kunsmatige) chemikalieë. Kunsmatige chemikalieë soos bleikmiddels en chloor is vroeër bespreek. Die natuurlike chemikalieë kan op dieselfde wyse as bemestingstowwe, besoedeling, veroorsaak.
Fosfate en nitrate kom in bemestingstowwe, riool en sepe voor. Fosfor is ‘n essensiële element vir lewe, beide as voedingstof vir plantlewe en as sleutelelement in die metaboliese prosess van alle lewende dinge. Die normale lae fosfaatvlak (PO4) in water inhibeer plantegroei, maar ‘n effense verhoging van fosfate kan, veral in damme, tot ‘n vinnige styging in plantegroei, soos blou-groen alge en waterhiasinte, lei. Die waterplante raak te dig en vrek. Die ontbindings-bakterieë gebruik meer suurstof, wat ander vorms van lewe erg beïnvloed. Visse sal byvoorbeeld versmoor. Hierdie proses word eutrofikasie genoem en word vererger deur menslike aktiwiteite soos huishoudelike afvalwater (veral seepwater), plaas en grasperk-bemesters, industriële afloopwater en die vernietiging van vleilande.
Stikstof, in die vorm van amoniak (NH3) en nitrate (NO3), vorm deel van die plantvoedingstowwe wat tot eutrofikasie kan lei. Nitraat-verryking as gevolg van rioolbesmetting en bemesting-afloopwater, is nie so kritiek soos dié van fostate nie, aangesien water-ekosisteme nie so sensitief is vir verhoging in nitraatvlakke nie. Stikstof kom gewoonlik in ‘n vorm voor waarin plante dit nie kan gebruik nie, naamlik stikstofgas. Dit kan egter in die ontbindingsproses van dooie waterplante en deur blou-groen alge gebruik word wat stikstof uit die lug kan omsit in amoniak en nitrate, wat die plante wel kan opneem. Hierdie subtiele interafhanklikheid illustreer die komplekse verhouding in ‘n water-ekosisteem. Die beste manier om hierdie soort besoedeling te stop, is om te verhoed dat menslike riool, diere-uitskeiding en bemestingstowwe in riviere inspoel.
Blougroen Alge
Blougroen alge is mikroskopiese rivierbewoners. Hulle laat suurstof in die water vry, neem minerale voedingstowwe op en produseer stowwe wat die voedselkettings in die water-ekosisteem ondersteun. Met verhoogde vlakke van rivierbesoedeling, is daar meer voedingstowwe. Dit lei tot verhoging in die groei van blougroen alge, wat ons algebloeisels noem. Hierdie bloeisels het ‘n invloed op riviere se kleur, smaak en reuk. Menslike aanraking met hierdie bloeisels kan siektes soos hooikoors, veluitslag, oog-irritasies, braking, gastro-enteritis, diaree, koors en spier- en gewrigpyne, veroorsaak.
3. Waterbesoedeling en Siektes
Die meeste siektes in die wêreld hou verband met water en sanitasie. Om die siklus van siektes te verbreek, is dit noodsaaklik dat die gehalte van water wat mense gebruik, moet verbeter. Die meeste plattelandse gemeenskappe in Suid-Afrika het nie toegang tot lopende water, toilette en latrines nie en maak gebruik van waterlope vir ontlasting en urinering. In baie gevalle, waar hulle wel beskikbaar is, is die latrines stroom op van die gemeenskap se waterbron, geleë. Fekale waterbesoedeling verhoog die risko van infeksie van verskillende siektes vir diegene wat hierdie waterlope as hul lewenswaterbron, gebruik. Grondwater, wat ‘n ander waterbron is, kan aangetas word deur vuil besproeiingswater. Siektes wat met water verband hou, kan op ander wyses, soos insekbyte en swak higiëne, versprei. Dit kan ook stedelike gemeenskappe affekteer.
Hoewel daar nog baie ander is, is hierdie die mees algemene siektes in Suid-Afrika wat met water verband hou:
Bilharzia
Dit kom, soos baie ander siektes, in ‘n siklus met ‘n parasiet en verskeie gashere, voor. Bilharzia kom slegs voor in gebiede waar die toestande gunstig is vir die parasiet om sy lewenssiklus te voltooi. Die volwasse parasiet is ‘n wurm wat in die blaas of ingewande van mense (die primêre gasheer), voorkom. Hulle paar binne die liggaam en eiers word in die urine of ontlasting van die gasheer, uitgeskei. Indien ‘n ge-infekteerde persoon in water ontlas of urineer, broei die eiers uit in die swemmende vorm van die parasiet. Dit grawe nou in die liggaam van ‘n slak (die tussenganger-gasheer) in. Slakke hou van stadig-vloeiende water met baie plantegroei. Hier verander die parasiet weer van gedaante en verlaat die slak vir die water. Hierdie is die stadium waar mense ge-infekteer word. As ‘n persoon in kontak kom met besmette water, sal die parasiet hul vel binnedring, deur die liggaam beweeg en ‘n siektetoestand veroorsaak. Sommige van die simptome van bilharzia: ‘n jeukerige uitslag, hoofpyn, maagpyn, vergrote lewer en geswelde are. Binne Suid-Afrika kom bilharzia mees algemeen in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, voor.
Malaria
Malaria kry in Suid-Afrika hoë prioriteit. Hierdie siekte, wat ook as ‘n siklus voorkom, word veroorsaak deur ‘n parasiet wat deur sommige spesies wyfie- muskiete oorgedra word. Die wyfiemuskiet het ‘n bloedmaaltyd nodig om genoeg energie en voeding te kry om haar eiers te produseer. Wanneer ‘n muskiet ‘n mens byt, spuit dit speeksel in die bloedstroom in om te verhoed dat die bloed stol. Indien die muskiet met die parasiet ge-infekteer is, word die parasiet, saam met die speeksel in die mens se bloed oorgedra. Die parasiet beweeg deur die liggaam tot binne die rooibloedselle. Hierdie rooibloedselle bars uiteindelik en die parasiet word weer in die bloed vrygestel, gereed om deur die volgende muskiet opgesuig te word. Muskiete broei in water, veral damme, poele, watertenks, ou motorbande en enige vlak voorwerp wat water kan hou, soos blikkies. Die beste manier om jouself teen malaria te beskerm is om jou omgewing rommelvry te hou. Om te verhoed dat muskiete jou byt, dra langmouklere en gebruik ‘n afweermiddel, veral snags. Sommige simptome van malaria: koors, hoofpyn, diaree, naarheid, gewrig- en spierpyne, bewing, sweet en moegheid. Malaria kom voor in Limpopo, Mpumalanga, noordelike KwaZulu-Natal en dele van Noord-Kaap.
Cholera
Cholera word veroorsaak deur ‘n bakterie (Vibro cholerae) wat deur water wat met besmette ontlasting besmet is, versprei word. Die bakterie pruduseer ‘n gifstof wat veroorsaak dat die dunderm groot hoeveelhede vloeistof afskei, wat tot ontwatering, diaree en braking lei. Mense wat versuim om hulle hande te was na hul die toilet gebruik het, kan die siekte versprei. Dit kan ook versprei as menslike ontlasting as bemesting vir groentegewasse, gebruik word. Cholera kan in meeste plekke met swak sanitasie, voorkom. Sommige simptome van Cholera: diaree en braking. Mense wat die siekte het, moet baie, skoon water drink om ontwatering te voorkom.
Belangrike Dinge Wat Jy Kan Doen Om Die Risiko Van Die Siekte Te Verminder
- Moenie naby waterbronne ontlas of urineer nie;
- Was jou hande met seep en water na jy die toilet gebruik het;
- Moenie water drink wat jy vermoed nie skoon is nie – kook dit as jy onseker is;
- Was alle vrugte en groente deeglik voor jy dit eet en moenie met vuil water kook nie;
- Moenie leë houers of rommel laat rondlê waarin siektedraende insekte kan aanteel nie;
- As jy toegang tot put-latrines het, maak seker dat hulle weg van bronne wat vir drink- en wasdoeleindes gebruik word, geleë is. Die put moet nie tot by die grondwater strek nie.
See also
Rural Water PurificationWater Pollution and Your Health
Water Situation in South Africa
Browse
- Dam Levels
- Downloadable Posters
- Purification
- Wastewater
- Water and the Environment
- Cleaning Dirty Water
- Water is Life
- Water on Earth
- Types of Water
- Water as a Force in Nature
- Sources of Water
- Water Situation in South Africa
- Water Pollution and Your Health
- Causes of Water Pollution
- Substances Causing Pollution
- Rural Water Purification
- Wise up on Wetlands
- Rand Water Quality Data for Rivers
- Protect our Fish
- What Happens Above, Has Impacts Below
- World With/out Water
- Water Borne Diseases
- Water Use in the Home
- Water Wise Calculator
- Water Wise Video Clips
- Weather Forecast
- Wetlands
- Where Does our Water Come From?
- Your Carbon Footprint
- Virtual Water and your Water Footprint